Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van die Vaders sal ver-erwe
en die boom sal dra
en sy vrugte neerlaat
en dit sal waar word
Ja dit sal waar word.

Van die Vaders
sal jy erwe
al is dit van die ou Vader
of
die agter ou Vader

Twee vrugte
en elkeen het iets ge-erwe

Klein Anita met haar kuns
en gedurige verwys
en bemaan

En dan
die kleine Christelle
met die hande
gedurige hande
wat wil skep
en aanmekaar
en ontleed

En die ongeskrewe belofte
‘Jy sal nie sterwe
want jy laat na
en dit sal voort dra
van geslag na geslag

Vir
vir diegene
wat lewe
Na SY woord

Want

Die boom sal vrugte dra
en die vrugte sal boom word
en weer vrugte dra

Tot eer
en tot verheerliking
van SY grote
Naam

2015/08/10
Napraat:
Om twee vliegge met een klap te raak, plaas ek hierdie bydrae onder lirieke ook sodat Kleine Anita se be-aming gehoor kan word.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vrugte
Mooi gepen.
4 jaar 3 maande 1 week 7 ure oud


Vrugte
Grootse waarheid wat jy so pragtig in gedig vertel! So leef ons voort!
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


***
Skitterende werk, pragtige kleingoed -- jy is inderdaad geseënd, Willie.

Geniet hulle kleintyd -- dit kom net eenmaal.
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


die vrugte val
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOOM projek.
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


vrugte
"n Heel besonderse bydrae tot die projek. Mooi gepen.
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Vrugte . . .
die ooreenkoms is nie mis te kyk nie! Twee pragtige, pragtige krullebolle. :)
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


Die vrugte val
Baie goeie stukkie werk hierdie.
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


vrug
Mooi boodskap, Willie. Sjoe, kyk net hoe mooi groot is hulle al :-)
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 19 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar