Gedigte

Titel: DIE VUUR
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat beteken 'n vuur vir jou, meneer of mevrou;
wat maak die vonkies vir jou?
As jy die kole sien gloei;
is daar iets wat jou aan die vlamme boei?

Aan watter kant van die vuur jy staan;
bepaal wat watter weg jy in die lewe baan
In die weelde van jou ryk onthaal;
sal die vuur miskien nie die middelpunt van die gesprek behaal
Die gloed van die vuur word soms deur rykdom versuur

Vir die gewone man is sy vuur van belang
Met sy vriende deel hy sy vuur; kuier en maak kos tot die nagtelike uur
Soos sy vuur hard knetter kuier hul net meer lekker

As die son sak en die koue donker oor hom daal,
is dit die hitte van sy vuur wat die boemelaar se lot bepaal
Sy vuurtjie se hitte laat sy ou dowwe oë weer skitter
Hy staar in sy vuur; dis maar swaar om die lewe se pyne te verduur

Vir hom is sy vuurtjie sy als; al is vannag se kole môre net as
In sy nood is die kooltjies belangrik vir sy daaglikse brood
Hy is arm maar die vlamme maak sy ou moeë lyf weer warm
Vanaand maak sy vuurtjie hom ryk;
môre sal hy weer die lewe in die oë moet kyk

Maak nie saak langs wie se vuur jy sit;
die les moet jy uit die lewe put
Vandag se vuur is more verby;
géén gloed sal jy weer daaruit kry



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die vuur
Pragtig!! Die vuur is soos die see vir my, dit het n ewige bekoring om net na te staar en kop skoon te maak
5 jaar 3 maande 4 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar