Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy het die wind uit my seile gevat,
die seil geskeur, die mas lê plat.
Jy’t my voete onder my uitgeslaan,
Omgekyk en toe stap jy aan.
Jy het my wolk se randjie swart geverf,
met ‘n mes het jy daarin dorings gekerf.
Jy’t my ballon gebars met jou skerp tong
en weggeloop met my mooiste song.
In my bed het jy krummels gestrooi.
Die matras is geskeur en die lakens geplooi.
Die blomme wat altyd so mooi kon lyk
se koppe hang laag soos hul grondwaarts kyk.
Net ‘n halwe mens, nie ‘n wederhelfte.
Als het verander. Net die pyn bly dieselfde.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Ek hou van hierdie gedig. Uitstekend geskryf.
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


Krummels
Rou. Mal hieroor
4 jaar 11 maande 2 dae 5 ure oud


Die wind uit my seile
Fikkels

Hel Girl

Wag ek gaan jou hierdie bekende een oor vertel:

Juffie vra vir die klassie:

Wie maak al die blommetjies en die bytjies en die boompies en die voëltjies en die diertjies?"

Soos uit een mond kom dit in 'n koor:

¶"Dis die Liewe Here - Loof HOM!" ¶

Juffie:

"En wie maak al die sondes en laat die mense steel en vloek en lelik wees?"

Koor:


¶Dis die ou Duiwel - FôK hom . . .!¶

Ek vertel jou nou om vir die Jafel dieselfde woorde toe te voeg!!

Ek vrywaar jou - dis nie sonde nie en dit sal ook nie teen jou tel nie!
4 jaar 11 maande 2 dae 19 ure oud


die weervoorspelling
sterk vers.
..jinne: llaaaannnkkklaas jou spore hier gesien!
4 jaar 11 maande 3 dae 7 ure oud


wind uit my seile
sjoe jy het n diepseer eina so mooi hier kom vaspen
4 jaar 11 maande 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar