Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vanuit die diepsee
kom jy aangestorm
lig die golwe hoog op
en blaas hul uit op die strand
jy volg kort op hul hakke
en waai die seesand deurmekaar

in die verbygaan
gryp jy moedswillig na my hoed
trek my hare styf agtertoe
pluk parmantig
aan my rok se soom
dan val my tydskrif
en jy blaai vinnig daardeur
as ek buk om dit op te tel
sproei jy my gesig met seewater

jy roer die vlak kant van die see
tot bolle skuim
blaas dit op droë sand en trap dit fyn
jy jaag ’n krap tot hy verdwaal
kinders op die strand wil huis toe gaan
onskuldig fluit soos jy ’n jongman
en hardloop weg oor die water soos ’n seeman.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Strand
Baie mooi beskrywend!
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Karnallie!
So 'n stoute wind . . . :)
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae oud


Winterwind
Pragtige beskrywing van hoe die winterwind teen die kus ammok kan maak.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


:-)
So 'n geniepsige wind! Nou het ek lekker saam met jou by die see gekuier, Bets. Baie mooi
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


op die strand
Ek hou hiervan
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud


...
Kan my inleef :-)
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Winterwind
wow Bets hierdie is lieflik.. mens kan die wind sien amok maak oor die see... pragtig gepen!
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


winterwind
Voortreflik geskets vir die geestesoog.
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar