Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wonder watter wurm vreet die meeste; 
die twyfel of die wéét! Onsekerheid is die
onderhandelaar. Dit is die konstante
wedywering tussen feit en vermoede; 
tussen verwysingsraamwerk en suspisie.
Nie een is noodwendig verkeerd nie, die
skaal tilt maklik na enige kant toe.
Dit is warm en koud,  die vuurwarm vlam
van hoop en die koue werklikheid van wanhoop.
Geloof en ontnugtering, saam in een kooi. Dié
wedloop het ‘n vertrekpunt, maar die wenpaal
bly buite sig. Dit maak moeg en seer, roof jou van
alle oortuiging, stroop jou van jouself. Dit deins
nie terug vir gestalte of krag nie en trou emosie
en denke met mekaar. Dit vermink !

 

Die wéét se pyn is diep en verlammend, minder
stormagtig, maar fél. Dit verwyt en kla aan, bytel
weg,karring aanhoudend. Sy stem begin sag,
‘n fluweelagtige geprewel , totdat dit later deur
murg en been sny soos die yswind wat sy koue
van die bergtoppe afskep. Dit onder-handel nie,
dit oortuig, en as die pyn kom, is julle nie meer 
vreemdelinge vir mekaar nie. Om een of ander
rede, is aanvaarding sagter,al is daar geen
bewyse, dis ‘n weet-ding,‘n voel-ding, soos ‘n
sonwarm spoelklip wat gemaklik en bekend in
jou gees kom lê.

 

 

 

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die verwydering wat so in n huwelik insluip, is gewoonlik nie alleen nie n derde persoon skuil in die agtergrond , of die drankwalms . Gewoonlik is die vrou die lydende party, daarom het ek simpatie met vroue , Ek verstaan , Groete ,BERG
9 jaar 9 maande 1 week 12 ure oud


Hallo..............mag ek dalk help asb sonder dat jy viesword? Daar is fout met die ritme van jou werke en hul lees soos verhale eerder as gedigte. Lees asb werke van sterstof, ammiemoon, LUN.........tatta jy
9 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar