Weergawe:
Aantal woorde: 122
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 26 Aug 2006
Wat uit die kombuis uitkom?
Eers het ek na haar gevry,
Later getrou en kinders gekry.
Maar, in die eensaam van die nag
Sit sy nou vir my en wag.
Laatnag sal ek huis toe kom
Tot by die bed, dan val ek om.
Lê ek skaars dan “pass” ek uit
Terwyl sy nog die deur moet sluit.
Terwyl sy met my stink lyf praat
Mompel ek: “Gaan slaap…dis laat.”
More kan ek nie verstaan
Waarom al die stilte gaan.
Vir ete kry ek koue skouer
En haar ogies trek al nouer.
Sê sy met vuis in die hand:
“Kry jou helfte aan die kant.”
Terwyl sy my die deur uitsmyt
Skreeu ek:”Dis vir liefdadigheid!”
Lees ander gedigte deur Fikkels
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur borrels
ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart