Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy het my gevind ,
en iewers op n vloer in Mitchells Plein vasgebind ,
jy het jou op my uitgedruk ,
my onskuld weggeruk .
God het jou n engelstem gegee ,
jy het my ontvoer daarmee ,
ek moes vir ure daarna luister ,
ek hoor nou nog hoe dit fluister .
Jy het my diep in n donker bos
in Distrik Ses alleen vir dood gelos ,
jou lyf het soos di mis om my gevou .
Maar ek vergewe jou

Diep in n donker bos
is ek vir dood gelos
vyf verdiepings onder my opera huis
is al wat die lewe my wys .
Bloed vloei in die Ryn
uit are , vingers wat tas na pyn .
Los my masker , los my masker uit ,
dis my ruit .

Diep in n donker bos
het jy jou herinneringe gelos
vir my om te onthou
as ek wil vergeet van jou .
Bloed vloei uit die onheil ,
die slang wat deur my are seil .
Los my oë , los my oë uit ,
los verbode vrugte uit .

Ek tel die tyd in afmeet af
deur die iris-tralies van my oë ,
hierbinne is ek lewenslank , my straf ,
ek moet bieg : my siel is nou n bos


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Donker bos
sjoe.. EINA!!!
4 jaar 11 maande 3 weke 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar