Gedigte

Titel: Diepmis
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mis hang al weer oor die berg.
Saam met wintergras se droog
verdwerg dit die heuwels.

Haar oë loer my
dof van die hoogte af,
die bult tussen my
en môre se bosveld
word onbetreebaar groter.

Ek kyk op.
'n Ligstraaltjie wat tong-uitsteek
styg van die sonsirkel af op,
op met 'n hemelvaart
vanwaar my hulp nie wil kom nie.

Die mis is ver noord van Kaapstad ook
'n duiwel wat kwaadstook;
dit verberg moord met die steel van 'n blom;
die wind waai rooskonfettie
van gister se troue
ses voet ondertoe.

Grys druppels grein van ou fotos
hang my weer fyntjies op
aan 'n mispel boom
wat buite seisoen
kaal takke het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mis
Puik vergelykings! Emosies kunstig in woorde omskep! Die seisoene verander en die mispel kry weer blare.
7 jaar 7 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Diepmis
Die droefgeestigheid in hierdie gedig trek soos winterkoue in mens se bene in! Ek dink dis 'n kuns om gevoel so treffend te kan oordra, en jy doen dit sommer heel maklik lyk dit my.
7 jaar 7 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Ai Kritzie
Baie hartseer hier.
S'kuus man......vir die seer.
7 jaar 7 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


Mis...
Dis stilwees mooi ...
7 jaar 7 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


Mis
Hierdie gedig het 'n traan voor die Troon laat val...
7 jaar 7 maande 1 week 3 dae 21 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar