Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is die man met die neuspelsjas
Wat gesê is kwesbaarheid is verbode
Nou staan ek op verhoor voor julle senode
Ek baar elke traan as my sterker opstaan metode

Ek is die man met die neuspelsjas
Wat gesien word as n enkelbedeelde kamasutra gedagte
Al wat ek hoor is julle suurlip plooi gefrommelde klagte
Laat my vir jou serenade in oranje vuur nagte

Ek is digter, ek is dromer
Beknopte skouers en n trane kussing
Ek is digter, ek is dromer
Jou rots met sy groen stoppelbaard

Ek is die man met die snorkskokgolwe
Wat moet leier wees van jul vals steriotipes
My oë bepleit my saak maar stuur my na jul donker dieptes
Ek beskerm jou hart en vernietig hul mites

Ek is die man met die snorkskokgolwe
Met my matrasgekamde hare en kraakvars oë
Ek is die man met die bloudag koffie-asem
Wat haar balsem lippe in n gemmer son laat skyn

Ek is digter, ek is dromer
Beknopte skouers en n trane kussing
Ek is digter, ek is dromer
Jou rots met sy groen stoppelbaard



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Digter-dromer
Ek is verbaas jy het nie kommentaar op hierdie gedig gekry nie want dit is een van die mooiste wat ek in 'n lang tyd gelees het. Bly "Transkei" het my gelok vir inloer. Hou so voort.
10 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar