Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Al begeerte waarna verlang word
is ʼn oop warm hart.
Wat sien julle deur jeugdige oë?
ʼn Traan kan dit nie meer bevogtig.

Ons het dors en is naak
wat maak dit tog saak,
dit is ʼn verdoemenis
wat kom uit die voortyd.

Kinders wat honger na liefde
kreun en smag om hulp,
verdrink julle ons jeug —
in leed en pyn.

Harte wat popel
soos ʼn voël wat weg fladder
verlate en naak
voor geslote harte.

Met julle eie selfsugtige liefde
sit ouers met verwronge ideale
in eie drange en verdragte
met geen oplossing.

Toegedraai in julle purper
met materiële as julle juwele
kry ons geen aanvaarding
van julle selfsugtige harte.

Verwaarlose jeugdige kinders
met hande in die hare
al begeerte waarna ons verlang —
is ʼn oop warm hart.

13/06/2014.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

al begeerte
Sjoe Arnold jy slaan die spyker op sy kop. Ja ouers verwaarloos hulle kinders gruwelik. nie almal nie maar baie.
5 jaar 3 maande 1 week 11 ure oud


al begeerte
sjoe wat n aanklag teen sommige ouers!! .. ongelukkig is dit waar.. die ouers is deesdae so ingestel op die materiele dinge dat die hartsdinge verlore gaan!!! PUIK gepen
5 jaar 3 maande 1 week 12 ure oud


Begeerte
Baie waar en treffend.
5 jaar 3 maande 1 week 13 ure oud


Begeerte
En dis so hartseer dat ons jeug so vergaan en vir die wolwe gegooi word. Treffende woorde.
5 jaar 3 maande 1 week 22 ure oud


begeerte
Pragtige werkie wat mens laat dink aan al die haweloses
5 jaar 3 maande 1 week 1 dag 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar