Gedigte

Titel: Dis Nou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek staan voor U in die skadu van my lewe,
gestroop van alles – net ek Heer,
in oot’moed buig my siel voor U neer,
vou my toe in U genade, vergewe.

Dood’skadu fluister in my oor,
ek’s bang, alleen – onbekend,
waarheen gaan U my siel versend?
geen witbroodjies trek U voor.

Maar U het my by die naam geroep,
uitverkore is ek in elke opsig,
vou my toe...steek aan u genade lig,
neem U hierdie sware wroeg.

Ek is ’n Koningskind – duur gekoop,
neem U nou my hand,
verstewing hierdie heilige band,
voordat ek van nou na eendag loop.


Opgedra aan Rina – 05/07/2010


Cornien



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar