Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Was jy al ooit
op 'n plek waar die donker
'n neerdrukkende donker
groot happe uit
jou vleis uitskeer
waar jy van realiteit vergeet
en net weet
nou moet jy uithou
en net stil wees

Dan besef jy
om liefde toe te laat
deur jou donker gange
in te laat
sodat dit deur
alleenheid vloei
in hierdie gevoel
net aanhou groei en groei

Skielik voel ek en 'ek'
nie meer so een
jy het al die bleek
se ween
om my weggeneem
in die branders se breek
het ek jou ontdek

Al die mooi aan my toebedeel
jy is iemand met wie ek
al's wil deel
liefde wat so natuurlik
bloei uit jou hart
vir my is jy 'n
kosbare skat



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dit is omgee
mooi gepen.. hartseer en alleen .. so asof jy iets verbode wil vasvang ....
5 jaar 8 maande 5 dae 20 ure oud


Omgee
Pragtige gedig, mooi verwoord.
5 jaar 8 maande 6 dae 1 uur oud


omgee
suzette soos gewoonlik n treffer
5 jaar 8 maande 6 dae 7 ure oud


.
Daarsy ... kom ek probeer weer kommentaar laat ... ek dink dat as wanneer iets 'n skat is, dit bewaar moet word.
... en ek dink jy het die lig aan die einde van 'n donker tonnel baie mooi hier beskryf ...
5 jaar 8 maande 6 dae 18 ure oud


omgee
Mooi woordbeelde hier gebruik
5 jaar 8 maande 6 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar