Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Swaar en breed en lank en dig
drup weefstof in 'n hangsel
tussen dag en donker.
Heiligheid talm soos 'n ark se gerubs.

Ondeursigtig, ondeurskynend
sluit my gordyn
helderte uit, skemerte in.

My tafel is 'n altaar.
My bord is wit.
My glas is skyn.

Buite is 'n boodskap op 'n houthuts,
maar namiddag hyg Hy,
skree Hy, swyg Hy -

sy lyf hangval soos 'n kantgordyn in eie voue
en roep duisternisse byeen.

Dan skeur die skeiding
rafel vir rafel,
en halwes word geheel.

Lig drapeer oor ark en altaar -
my bord word brood;
my glas vir ewig wyn -
openbaar wat heilig is en altyd rein.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

volbring
Sjoe. Ek is woordeloos. Hierdie is nie 'n gedig wat 'n mens net lees en jy vergeet daarvan nie. Ek gaan nie vir jou se hierdie gedig is mooi of perfek of jou woorde is netjies neergepen nie. Maar ek gaan vir jou se hierdie gedig kleef aan 'n mens na jy dit gelees het.
3 jaar 3 maande 5 dae oud


Volbring.
SJOE.

Ek is sonder woorde. (On)gelooflik. Volmaak.
3 jaar 3 maande 5 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar