Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sit by my kind se bedjie
Ek sien die pyn in haar gesig
'n Traantjie wiggel oor haar wang
Ek se, "Wees nie bang nie;
more sal dit beter gaan"

Ek staan en trag die sonsopkoms
sal my kind ook weer kan opstaan
weer kan hardloop
en haar arms om my slaan
Sal dit more beter gaan?

Tyd verloop en ons woeker daardeur
Daar is hoop en liefde
Daar is mense wat omgee
Daar is 'n glimlag op haar gesig
Dit sal more weer beter gaan

Dan staan ons voor 'n graf
Hoe kan dit wees?
My hele lewe is in skerwe
Ek roep na bo
"Here, waarom moes dit gebeur?"

Ek voel die handjie van 'n kind
dit is sag, broos en bekend.
"Pappa is nou by Jesus
Ek is vir Mamma gespaar
More sal alles weer beter gaan."



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dit sal beter gaan
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 5 maande 4 dae 5 ure oud


Dit sal beter gaan
Die kruis wat die mens soms moet dra, voel partykeer so onregverdig, maar God beskik wat is die beste vir die mens.
4 jaar 5 maande 4 dae 14 ure oud


more
die hartseer van n ouer wat n kind aan kanker moet afstaan is onbeskryflik. diep gedig wat hierdie hartseer weergee
4 jaar 5 maande 5 dae oud


more sal als beter gaan
Die wee van die Here is vir ons onbekend maar more skyn die son weer.
4 jaar 5 maande 5 dae 5 ure oud


Dit sal beter gaan
Jammer oor die spel foute. Ek kry nie die leestekensleutel om te werk nie, maar wou graag die stukkie plaas.
4 jaar 5 maande 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar