Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was ‘n helse lente met die son wat skroeiend hang
die natuur wat in die blom seisoen verlang
na reën wat nie kom en dae gaan om en om
terwyl alles in rekord somer temperature uitdroog,
elke dag die hitte bly verhoog
waar blomme en groente gedurig verwelk op die werf
en beeste en skape op die vlaktes van droogte sterf
waar ek bly bid vir reën om te val
van die God van die heelal
en met tye val die reën voor die hitte weer kom
met ‘n somer wat uitmergelend is en ek bly verstom
dat daar nog oral lewe is,
dat spruite uit die aarde opkom,
so asof God bedrywig is in die geheimenis.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar