Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dis donker in die kamer
die lig reeds afgesit
kyk deur die venster Engel
kyk daar, sien jy dit?

kyk hoe blink die sterre
soos die liggies in jou oe
van seerkry wolke wat verby is
van onvoorwaardelike glo

kyk die een daar in die hoek
hy knipoog skelm vir jou
want jy's die een wat in my hart is
die een wat ek vas wil hou

van watter een hou jy die meeste
die een wat in jou oe weerkaats
want in jou arms en in jou hart
is waar ek kan rustig raak

aan die onderkant is daar 'n ster
hy flikker rooi en blou en groen
hy lyk maar bietjie skaam soos jy
as ek jou onverwags net soen

die hoogste ster, die helder een
laat my weer dink aan jou
as dit donker om my is
weet ek ek kan aan jou vashou

en as ek later my oe toemaak
en slaap my siel kom haal
fluister ek in droomsag woorde
dankie my Lief, sterrekyk saam met jou
... was so spesiaal



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spesiaal
Met al die sterre in jou pen se ink het jy weereens vir ons hier pragtig kom borrel. Welgedaan!
7 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 8 ure oud


Spesiaal...
Baie spesiaal, dankie! Dit vat my só lank terug...
7 jaar 1 maand 4 weke 6 ure oud


Spesiaal
Hierdie gedig is een van "daardie" wat op 'n besonderse wyse uitstaan! Dankie vir die uitnooi om te kom lees. Pragtig inderdaad!!
7 jaar 1 maand 4 weke 6 ure oud


Dit IS so spesiaal ...
... om jou kunswerkies te mag lees. En jy IS 'n kunstenaar!
7 jaar 1 maand 4 weke 18 ure oud


:-)
In die noorde is een wat so baie kleure het... Ek wonder soms of dit nie dalk 'n draaiende satteliet is bokant die ewenaar nie, sy blink kante wat dan soos 'n prisma werk...
Maar daar spoil ek nou die gedig met wetenskap! ;-)
Mooi gesê/gesien. :-)
7 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 7 ure oud


Spesiaal
Jou gedigte lees net so lekker gemaklik sonder grend woorde of gedagtes. Dan maak dit nog sin ook. Lekker en spesiaal soos altyd
7 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 10 ure oud


Z
Jy vertel 'n ritmiese storie wat ook rym. Jy trek die leser in om saam met jou sterre te kyk. Kunstig goed gedoen.
7 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


Dit was so spesiaal
Jy kan enige onderwerp vat en dit in 'n meesterstuk verander!
7 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 14 ure oud


Shoe!
Jy dop jou brose siel so maklik uit! Iets wat ek nog moet leer...
7 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


Dit was
Skitterend
7 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


Romanties
Dit was een van die mees onskuldig-mooi, romantiese gedigte wat ek in 'n laaaaaaang tyd gelees het. Baie, baie mooi!
7 jaar 11 maande 3 weke 9 ure oud


spesiaal
Die gedig het 'n traan besorg.....want dit is so mooi!
7 jaar 11 maande 3 weke 11 ure oud


Spesiaal
Dankie vir die "sterrekyk" deur jou oe en die beskrywing daarvan aan jou geliefde, borreltjies. Die lees van jou mooi beskrywende gedig was nou regtigwaar vir my ook baie spesiaal.
7 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud


Spesiaal
Net soos jou pragtige gedig!
7 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud


spesiaal
spesiaal . . .
Soos net jy dit kan borrel
7 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Dit was so spesiaal
Asemrowend romanties mooi ! Skitterend !
7 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Hierdie
was nou vir my uiters spesiaal!!!! En pragtig . Dankie! 'n Gunsteling...
7 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Toe Snoeks nog Snoekie was

    deur Manie Jackson

    “Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar