Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Reënhope in lug, onheilspellende donkerstilte
Gras en sonbesie gevries in wonder-afwagtinge
Om my hart en siel kom klou beklemmingskewer
Jesus, vat my hand stywer vas, trek my nader

Dan, in volle glorie, breek die hemele-orkes geruis
Winde swiep, donder brul, blitse knal, reën bruis
Styf in U arms tol ons, draai ons op stormritme
Om my wese, nat windvasgewaai U kleedspante

Gesig na bo, arms uitgestrek, gee ek volkome oor
Aan hierdie dans, nie een sekondetree te verloor
Beheer duidelik sigbaar in U glimlag-oë en mond
Donderbrul draai, weerligknal swaai, vlugtig oor grond

Dan, alles oor, huiwerson en laaste paar plofdruppels
Asemloos neersak, uitgestrek op rug in sandmatras
Kan ek plaaskind-luid jubellag, roepskree, U vereer:
Ek’s gereed, daar’s nog sóveel passies om te leer!


*******************************************************


GeÏnspireer deur Vader, erkenning aan Mark & Patti Virkler “How to hear God’s Voice” – bl 156



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Donderstormdans
Ek ken jou wereld. Ek verstaan jou taal. Net 'n kalaharikind kan sy reen met soveel passie bejeen. Ek glo dis jou ervaringswereld.
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


Donderstormdans
Ja man - ek hou daarvan - enigiets wat die natuur uitbeeld soos wat jy dit hier doen is pragtig. Ek ruik die reen en sien jou dans daarin. Ken ons nie almal daardie stilte voor en na die storm soos wat jy dit verwoord het nie. Dankie.
7 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


...
Dis daadwerklik mooi.

Hou veral van: 'Styf in U arms tol ons, draai ons op stormritme '

8 jaar 4 ure oud


Dans
Dis net 'n Kalahari-kind wat so met woorde kan dans oor die reën!
8 jaar 1 dag 5 ure oud


Dans
Kalaharikind, wat 'n mooi gedig. Hou baie hiervan.
8 jaar 2 dae 12 ure oud


Pragtig
Indien ek jou gedig gelees het voordat ek myne geskryf het, so ek gewonder het of ek by jou "gesteel" het, jou vertolking is baie, baie mooi.....lyk my ons het die selfde storm gesien.
8 jaar 5 dae 10 ure oud


Ita
geluk!
En hier beleef ek saam die reenvreugde!Voer my terug na "Eers oor die bergtop loer sy skelm..." En dan jou huppelende vreugde!Mal oor die "Sandmatras".Pragtige beelde
8 jaar 2 weke 1 dag 17 ure oud


Donderstormdan
En na die kakofonie van klank en geraas; die groot stilte!
Baie mooi geskryf!
8 jaar 2 weke 2 dae 9 ure oud


Donderstormdans
'n besonderse gedig, hou van die ritme en klank van die gedig. Maar veral die passie hierin vir God. Goed gedoen. Die Heer seen jou pen verder
8 jaar 2 weke 4 dae 4 ure oud


passievol
Ek hou ook baie van die slot. Dit klink asof jy 'n baie passievol vir Jesus is!
8 jaar 2 weke 6 dae 7 ure oud


Reënhope in lug
Reënhope in lug
plofdruppels
sandmatras
sóveel passies om te leer

pragtig, ek proe die kalahari,
sandduin op en sanduin af
holmaag krop en kropmaag hol
plofdruppels laat my hart weer stol
8 jaar 3 weke 2 dae 17 ure oud


'n Pragtige beskrywende gedig. Ek hou van die slot.
9 jaar 9 maande 1 week 1 dag 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar