Gedigte

Titel: Donga
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




As son die verre kim oor klim en wolkies kleur,
het kaalbas Tswanna seuns saam met die bees geloei
bang in die vlakte van sy waterpoel kom stoei;
gebombarie; gelag, aan tyd hul nie gesteur
want hy lê meer as tagtig jaar so op sy rug
met uitgegrawe binnegoed van klip en grond.
En slaaptyd trap die nag oor dor krappote rond
as vlieswolkies voor kilte van die na-nag vlug.

Die maanlig sku sy natlyf ná die winterreen
verby sigmente van ’n dooie duisenpoot;
lê só sy jare van verweer in diepte bloot
en… in die vleigras broei ’n kolgans siel-alleen…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Donga
Ongelooflik! Jy voer mens absoluut mee ... in jou toneel in.
7 jaar 8 maande 2 weke 10 ure oud


Donga
Met die slotreël kom steel jy al my punte...
7 jaar 8 maande 2 weke 23 ure oud


Donga
Fisiografies en met 'n kunstenaarsiel kom skryf jy hier 'n wenner los!
7 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud


Donga
Sielsmooi, Koekekranka...diep woorde,
7 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


die weervoorspelling
hou hiervan.
veral:
want hy lê meer as tagtig jaar so op sy rug
met uitgegrawe binnegoed van klip en grond
>>so besonders.
7 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


Donga
Hierdie een skree ten Hemele om getoonset te word.
Gee kans
7 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar