Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



kalander, kalander...
in die donker bos
loop 'n doolhof wat sirkel
en my nimmer laat los

my spore lê in duister
waar slegs die skemer-skadu's fluister
tussen molm van tak en loof...
en ook onder bome wat omhoog
bo-oor my enkelgange boog
.....en ek hoop daar's loeries in die woud
wat luister...

die dou drup van die blare af
die druppels drup my hare nat
en dis boom se bas wat skuur en krap
oral...waar my hande vat

maar ek soek ewig na die son


'n spatseltjie lig...
'n kolletjie kleur...
'n lelie wat blom
in heuning se geur


hìèr...in die donker bos

*

o,...Donkerbos
ek kronkel-dros
'n slingerpaadjie heen deur jou
tot aan jou rand
tot aan jou kant
en dààr
tussen tak en blaar...
sal die hemel (weereens)
vir my blou...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Donkerbos
Woord- en- asembenemend mooi geskryf...
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


donkerbos
hierdie is nou "wragtig pragtig" verwoord .. PUIK!!!!
5 jaar 9 maande 1 dag 15 ure oud


bos
Koenie kan hierdie ene sing!

'n Kunswerk!
5 jaar 9 maande 1 dag 17 ure oud


die weervoorspelling
Hierdie kon net sowel deur n Knysna-olifant geskryf gewees het.

Lieflik van begin tot ent.

(ek sou eindig met 'blom' ipv blou....).

Pragwerk.
5 jaar 9 maande 1 dag 17 ure oud


Foto
Aai oeee jinne, ek soek alweer na woorde, want mooi en pragtig en puik sê nie genoeg nie!
5 jaar 9 maande 2 dae 11 ure oud


Donkerbos
Wanneer verskyn jou digbundel??
5 jaar 9 maande 2 dae 13 ure oud


***
Ai ai ai -- dis nou 'n heerlike verbeeldingsvlug, baie goed verwoord.

Ek hou veral van die kwatryne in die vers.
5 jaar 9 maande 2 dae 18 ure oud


.
Geheimsinnig, maar warm. Dromerig en verlangend.
Pragtig geskryf!
(Geweet jy sal weer kan)
5 jaar 9 maande 2 dae 20 ure oud


Donkerbos
Dis 'n pragtige gedig hierdie :) Baie goeie werk.
5 jaar 9 maande 2 dae 21 ure oud


kronkeldros
Pragtige werkie Carma
5 jaar 9 maande 2 dae 23 ure oud


Kronkeldros ...
as mens kán, dan kan jy nou maar net. Pragtig!
5 jaar 9 maande 3 dae 3 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar