Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was ñ volmaan
aand toe sy
haar hand aan
haar eie lewe slaan .

( Sy het gesê
dat sy uitgaan ) .

... Eers 48uur later
kon hulle haar
as vermis aanmeld > .

Dit was reeds donkermaan
toe hulle haar kry { .

Sy’t reeds vêr ontbind } .

< Hoe kan so iets
haar ouers ooit ontgaan ?

= sy was hulle enigste kind .


( 08/02/2016 23h40
Die lykskouing het bepaal
sy het suur gedrink . <



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

!!!
Donkermaan. Diep gedig. Jy doen altyd hierdie tipe skrywes goed. Kortstorie met ritme en 'n angel in die stert.
Mooi man! (Al is dit 'n hartseer tema.)
Dis nodig dat iemand oor dié dinge dig en jy is 'n meester daarin:
Rudi die sielstoriespesialis!
3 jaar 9 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Donkermaan
Sad - sad maar weer goed geskryf
3 jaar 9 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


O nee!
Dis té seer.
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Donkermaan
Rudi, treffend soos gewoonlik en baie, baie sad!!!
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


Donkermaan
Rudi!!!!

Diep en baie seer.

Soveel jongmense pleeg selfmoord en niemand vermoed onraad tot dit te laat is nie. Ouers is te besig en so vangevang in hulle eie wêrelde dat hulle nie eers hulle kinders se noodkrete aanhoor nie.

ń Oë-oopmaker vir baie. Wie wag 48 uur?
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Donker
Is dit hier in SA? Want hier is dit nie so dat jy 48 uur moet wag om iemand as vermis aan te meld nie. Jy moet dit doen sodra jy onraad bemerk. Hoe kan enige ouer 48 uur wag? As ek weet my kind moet erens wees en sy is nie daar nie maak mens tog onmiddelik werk daarvan? Dis verskriklik hartseer as sulke dinge gebeur
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


TK
Donkermaan se kind
Ag nee man, dit maak nou net weer herinneringe van my eie sus se selfmoord by my op (sy was omtrent 13 of 14 jaar oud) - pille ....
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 19 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar