Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die swart groei uit murg en been
na daar waar dit inkruip teen gemoed
en gaan inwroet tot dit bloed ontmoet

So sonder klank sak dit af
om op die bodem te gaan laag
waar dit wag vir gees om aan te knaag

Dieptes onbeperk is waarnatoe dit strek
as dit opeindig in kerkers van jou siel
wat moeg is van stomme gekniel

Daar in duister se aanraking tref die besef
dat donkerte geen bodem het nie
en dat jy steeds besig is om te val



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar