Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

maak die deur agter
my toe –
dit is doodeenvoudig
te veel
om te sien hoe die hemel
oopskeur
en ’n onbekende stof die
gesigte van smekendes
bedek

die sluier van wraak wat
onwaaksaam deur slaap oor
die koorsige hoof van ’n
brabbelsiek pasgeborene
trek, bied ’n produk
aan die verstand waarvan
onbewuste eenvoud die
angel van ’n ondier
vlymskerp
slyp

ek sluit my oë
dit is doodeenvoudig
te veel
om te hoor hoe
dwangarbeid aan die slagoffer
’n onregmatige uitkoms
bied




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dood-een-vou-dig
Ek hou baie van hierdie gedig, veral daai epiese opening's rym, en die boodskap... defnitief `n gunsteling.
4 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


doodeenvoudig
hierdie gedig is briljant gepen... sterk boodskap!
4 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar