Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Groen hange
ewige kranse en
kristal waterstrome
is die dekor van ons drome.

Groot stiltes
helder vêrgesigte en
saffier blou lug
lei gedagtes snel op vlug.

Ruwe rotsvingers
bokant skaduklowe
staan tydloos deur die ure
soos wagters op die mure.

Hier is een dag
soos ’n duisend jaar
en ook andersom
wagtend tot die Skepper kom.



MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Berge
En nou het ek selfs nog groter agting vir jou skryftalent. Uitstekend gedoen!!!
3 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud


DRAKENSBERGE
Jou gedig baie geniet! Miskien omdat ek groot geword het waar ek vir jare nie berge gesien het nie, het jou gedig my besonder aangespreek.Dankie.
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


Drakensberge
hierdie is n prag gedig.. n woord skildery.. absoluut puik verwoord!!!
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


Drakensberg
Pragtig
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar