Gedigte

Titel: drome
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

daar waar die son oranje oor die horison sak
waar my raaisels en vrae aan die son vashak
verstik my drome in die newels van rooi stof
mat trane in my hart wat van bo na onder plof

dit is stukkend, dit is seer
daar is gestolde bloed in my hart o Heer
dit is goue sonstrale wat swart skyn
dit is drome verdrink in bitter wyn

die somer-reenboog se verdofte pot goud
die winternag se byt in my hart se koud
herfs se blare vergeel my soete drome
in my lente se pad dooie doringbome

so droom ek oor nuwe seisoene
bevry en verewig in sonlig getooi
nie maar vergesigte en dowwe visioene
as jy jou lentegeur oor my drome strooi
en my drome tot nuwe lewe kom
jy ewig in my hart se dieptes blom



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

drome
Diep en vol emosie, pragtige gedig Jim S.
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar