Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nie presies seker van wie en waar jy is nie.
Ek is nie juis seker van waar jy jouself bevind nie.
Ek is nie eens seker of jy al ooit gedink hetaan my
soos ek nou hier lê en wonder oor jou nie.

Dalk in ‘n kafee êrens in die middel van Stellenbosch.
Dalk langs die pad wat ek en jy elke dag al loop.
Dalk aan die anderkant van diehele wye wêreld.
En dalk, net dalk, in die huisie langs my eie.

Het ek jou al ontmoet of dalk net raak geloop?
Dalk selfs net gesien of miskien met jou gepraat.
Het ek dalk al jou hand vas gehou as die lewe jou bang maak?
Ek is nie seker nie maar ek hoop jy wag vir my.

Dalk in ‘n kafee êrens, in die middel van Hoedspruit.
Dalk langs die pad wat ek en jy elke dag al loop.
Dalk aan die anderkant van die hele wye wêreld.
En dalk, net dalk, in die huisie langs my eie…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Net dalk 'n gunsteling!
Baie mooi!
9 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    LIESBETH

    deur Trixie

    'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar