Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die aarde juig,
kan weer gevoed
in dankbaarheid
neerbuig.

Die wurggreep
se dor stof en walm
wat swetend wasem, bewend
oor gesigseinder streep,
het platgeval,
deurweek
met dorsdrenk
waterdal.

Gevoed,
behoed –
mens, dier en plant
in ootmoed voor God
se Almag en trant.

©Driekie Grobler



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Het julle reën gekry?
'n Pragtige loflied!
4 jaar 2 weke 5 dae 16 ure oud


droogte
Vrystaat nog nie n druppel nie
4 jaar 2 weke 6 dae 2 ure oud


Droogte gebreek
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 2 weke 6 dae 7 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar