Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Van Blinkpan se kant dwarrel die stank van gevrekte skilpad en vis
want sy fonteine lê droog en sy bronne verdor in gloeiheet se sis.
En die sonbesies se skril het ook lankal verstil, verstik in stuifsand
wat bar, aried reënarmsandhose vir nog meer dorheid verpand...

O, God, sal ooit ‘n swanger wolk teen ‘n eens lasuurbloulug
diè wêrelddeel -wat nou net rooistof gloed- met reën (selfs hael!) bevrug,
want omsons, nodeloos, priem mens en dier met argusoog
na skynsel van U groot genade en weersiens van U na-reën-boog...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droogte
Waauw!

Dis aangrypend . . .
4 jaar 3 weke 3 dae 18 ure oud


Droogte
Pragtig. Ons almal ken die smag na reen. Hou hiervan.
4 jaar 4 weke 14 ure oud


Droog
Alweer so bloemieng goed en oortreffend is jou laaste reel. Welgedaan.
4 jaar 4 weke 19 ure oud


Droogte (Projek Droogte)
Sterk verwoord en hou hiervan.
4 jaar 4 weke 1 dag 13 ure oud


Droogte
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 4 weke 1 dag 20 ure oud


Droogte
Hou hiervan!
4 jaar 4 weke 1 dag 22 ure oud


Droogte

Dis uitnemende, grootse digkuns hiedie, indrukwekkend en kragtig! Ek hou van die alliterasie in die derde reël en die sterk ritme dwarsdeur. Dit herinner my aan Jan F.E. Cilliers.

Opperman het gesê 'n digter "kantel woorde om hul tot nuwe betekenisse te verhef, en skep nuwes" (of so iets), en jy slaag daarin met groot grasie en vlieënde vaandels. (Maar "reënarmoedesandhose"? Met respek, is daar 'n drukfout iewers, of is dit 'n siektetoestand wat slegs in ekstreme droogtetoestande manifesteer? En "omsons"?)

Regtig goed!
4 jaar 1 maand 10 ure oud


Droogte
Baie sterkverwoorde gedig. Pragtig.
4 jaar 1 maand 13 ure oud


droogte
Dankie vir 'n mooi gedig.
4 jaar 1 maand 14 ure oud


Droogte
Uitstekende woord gebruik. Pragtig!!
4 jaar 1 maand 17 ure oud


*****
Ek amen saam.
Thks
4 jaar 1 maand 17 ure oud


***
Uitstekend verwoord, K.
4 jaar 1 maand 18 ure oud



Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar