Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek soek na meer en meer woorde
wat soos goud kan hang aan my boorde;
want dit maak kennis begeerlik,
selfs rand-en-sent onontbeerlik.

Maar my woorde is so droog-karig min
dis net 'n leë pot met baie niks in;
so Die Wysheid doen skielik verslag:
"Neem My woorde in ag!"

"Gaan maak vir jou kanne bymekaar,
soveel as wat jou geloof kan by skaar.
Soek nou aan die einde van die reënboog,
dit lê dáár begrawe in 'n boek of verhoog."

Ja, die woorde is toe al die tyd waar:
die einde van die reënboog het potte vol goud daar!
Potte vol woorde van goudgoed en kwaad
en bome, wat kennis dra, se silwersoet saad!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droogte van woorde
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 3 weke 6 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar