Gedigte

Titel: Droom man

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Iewers wag jy nog vir my,
ek weet die tyd gaan gou verby,
maar ons sal mekaar nog ontmoet,
en mekaar liefhe, met oorvloed.

Die dae en ure gaan om,
maar ons sal by mekaar uitkom,
iewers wag jy nog daar buite,
ons gee mekaar nog net ruimte.

Ek kan nie wag tot ek jou sien,
ons gaan mekaar se liefde verdien,
ek hou nie daarvan om so alleen te wees,
die heel tyd sonder jou te wees.

Kom asseblief tog gou,
ek kan nie meer wag vir jou!
maar terwyl ek hier sit en wag,
neem ek jou liefde in ag.

Jou liefde sal altyd by my bly,
al gaan die tyd so nutteloos verby,
Vir jou wil ek eer,
en ewig trou aan jou sweer.




Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar