wat in die nag verskyn
wat my in my drome kry
elke keer op dieselfde plek
Waar ek saam met hom
op 'n groot plat klip gaan lӗ
langs 'n lowergroen meer
trane van blydskap
nie kan keer
Voel ek hoe sy geelgroen oӗ
deur my siel brand
hoe gister en nou
in twee skeur
En wanneer ek weer kyk
is hy weg
'n traan rol
af van my wang en stol
in die wolwe se huil
Die duister nag
het jou ingesluk
en uit verwarring
van 'n nagdroom
het skadu's verhelder
toe ek jou weer vir 'n ruk
teen my kon vasdruk
Lees ander gedigte deur Suzette Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae