Gedigte

Titel: Droomplaas
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

voor my lê uitgestrekte lowergroen golf
van bome gras en suikerbos
wat golwe vorm soos die see
met ‘n suising van wind om elke rots en klip

in verte blaf ‘n koedoe
rotse val pletterend na onder
soos klipspringer spring
van een rots hoër op na ander

ek staar verwonderd reguit
in duiker se wakker oë
wat skielik my pad kruis
dan met swier van my weghardloop

hoog bo my draai ‘n valk
op soek na maklike prooi
met een duikbeweging na onder
om dadelik weer op sweef met buit

versteen steek ek vas
my weg versper deur pofadder
wat salig op sy tyd
in veld verdwyn

besef ek my geluk
alles beleef in een dag
op my droomplaas
Godgewe geskenk aan my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droomplaas
Geniet dit. Jy is bevoorreg.
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


Droomplaas
. . . waauw . . . maar daai pofadder het my gróót laat skrik!
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


droomplaas
veereens n mooi beskrywing van die plaas se natuur lewe
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


droom plaas
Ans dit is n pragtige werk
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


Droomplaas
So baie droom vir daardie droomplaas....
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar