Gedigte

Titel: drumpel
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




die lig is aan, maar die kamer bly donker
en dan slaan mens ’n blank
die wordende gedagte wat
onderontwikkeld langs
iets groter sloer

bly steeds verlate
iewers op ’n ashoop vol
gebroke drome lê
my gedagtegang word weerspieël
in geheimenisse wat die daeraad
met vermomde donker
na die lig wil lei

my foon lui
is jy olraait, want ek sien
aan jou status-update iets skort

ek antwoord nie




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

drumpel
my gedagtegang word weerspieël
in geheimenisse wat die daeraad
met vermomde donker
na die lig wil lei

Hierdie is pragtig gepen. Hou van die verrassende slotreël
4 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Drumpel
ek dink Rudi slaan die spyker op die kop... puik gepen
4 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


die weervoorspellig
stunning laaste twee strofes=slot.
dit maak die vers.
jy trek mens in..en skud mens ali pad wakker.
4 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud



Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar