Gedigte

Titel: Dulce et Decorum est Pro patria mori

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

WEERGAWE 2

Hoor jy nog die gebulder
van Krupp en Creusot
en die angs runnik
van Vlam onder jou

Hoor jy nog die roggel
van bloed in die kele
van seuns en vaders
wat sterf vir vrede

Sien jy nog die vlamme
wat deur huise bars
en menselewens uitvee
asof dit nooit was

Sien jy nog die tente
waar moeder, vrou en kind
in honger en ellende
hul Skepper moes vind

Voel jy nog die magteloosheid
soos bloed uit jou vloei
toe die bayonet jou deurboor
en die son jou liggaam skroei

Het jy toe vir Milner
in sy gemakstoel sien sit
met 'n glasie port en sigaar
terwyl jy hortend bid

Proe jy nog die wrang smaak
van pyn sonder glorie

bitter die illusie -

Dulce et Decorum est
Pro patria mori!



Kommentaar

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 3 weke 1 uur 11 minute gelede gelewer


Jou vers beeld die ondeugsaamheid van oorlog, die bitter smaak van verlies en skyn van glorie helder uit.

Justitia

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 22 ure 42 minute gelede gelewer


'bitter die illusie': dis oorlog en wat dit aan die gewone mens en sy geliefdes doen: sterk woorde, Natasha, wat 'n mens aan die hart kom ruk!

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 19 ure 20 minute gelede gelewer


"Proe jy nog die wrang smaak
van pyn sonder glorie"
'n Puik slot by 'n treffende vers Natasha!

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 17 ure 26 minute gelede gelewer


dit was nog altyd 'n slinkse leuen dat volk en vaderland 'n lewe kan betaal

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 19 ure 52 minute gelede gelewer


Die waarheid slaan 'n uitklophou!! Puik.

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 1 uur 41 minute gelede gelewer


Soveel ironie in hierdie amper brutaal beeldende werk. Die werklikheid van oorlog. Sonder glorie, eer, roem. Slegs Jan alleman wat skreeuend en bloedig sterf, honger en peste. Ek wonder altyd hoekom die grootkoppe wat oorlog begin, meestal nie die is wat op die ou end ly nie.
Skitterend geskryf.

Weergawe: 1 | 1 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 23 ure 6 minute gelede gelewer


En hier kom lewer jy weer 'n puik vers na 'n lang stilswye ... hoop die eksamens het goed afgeloop - ons mis jou as jou werke nie op die skerm is nie!

Weergawe: 1 | 1 jaar 5 maande 17 ure 32 minute gelede gelewer


Bitter en eerlik. Goed verwoord.


Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar