Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoor jy nog die gebulder
van Krupp en Creusot
en die angs runnik
van Vlam onder jou

Hoor jy nog die roggel
van bloed in die kele
van seuns en vaders
wat sterf vir vrede

Sien jy nog die vlamme
wat deur huise bars
en menselewens uitvee
asof dit nooit was

Sien jy nog die tente
waar moeder, vrou en kind
in honger en ellende
hul Skepper moes vind

Voel jy nog so magteloos
soos bloed uit jou vloei
toe die bajonet jou deurboor
en die son jou liggaam skroei

Sien jy nog vir Milner
in sy gemakstoel saggies sit
met 'n glasie port en sigaar
terwyl jy hortend bid

Proe jy nog die wrang smaak
van pyn sonder glorie

bitter die illusie -

Dulce et Decorum est
Pro patria mori!


© C. Potgieter  2010-06-22



Dulce et decorum est pro patria mori is a line from the Roman lyrical poet Horace's Odes. The line can be roughly translated into English as: "It is sweet and right to die for your country." 

Wilfred Owen het ook hierdie woorde in sy gedig -Dulce et decorum est- gebruik wat handel oor die Eerste Wêreld Oorlog. 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Absoluut uitstekend geskryf Charmain!
6 jaar 10 maande 2 weke 6 dae oud


Dulse et Decorum
Sjoe Charmain dis wreed maar so werklik, jou woordkeuse is werklik so raak en beskrywend geen oorlog is sonder letsels nie, baie goed geskryf
6 jaar 10 maande 4 weke 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar