Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek staan langs ons praalbed
Hare sag teen my wang
Ek staan langs ons praalbed
Potentaat oor sy mense, net een

Soos die Vader Sy skepping in Sy hand hou,
Hou ek myne, tussen my arms
Menslike liefde, klein en verstaanbaar
Menslike liefde, groot soos die liefde vir skepping en heelal – kosmos

Ek staan langs ons praalbed
Jou hare sag teen my wang
Ek staan langs ons praalbed
Swewend in die kosmos, toeskouers van die skepping – kosmos

Priewie tussen die lyne
Ek staar deur die melkwit woud
Swerm deur my menswees
Iets wat net jy verstaan – my kosmos, skepping, heelal – menslike liefde

Soos kleefkruid teen my, en ek teen jou
Ek staan langs ons praalbed
Ons kleedrepetisie – myne
Ek staan langs ons praalbed



Ek mis die dae van liefde
Die paar wat ons kon deel, die goue dae – die infinitiewe dae
Ek mis jou, die seer van my ken, jou hande vasgevang in myne
Ek mis die tyd waar jou beeld so naby myne was
Ek mis jou, my heelal, skepping, kosmos – my alles
Ek mis die tye waar ons kon sit, waar jy rus, herstel
Hoe naby jy aan my is, nooit hoe naby jy was nie
Ek het jou vir ‘n paar dae gehad, en jy vir my
Tye wat ek nooit sal vergeet nie, dit is my lewe, jy is my lewe
Toe dit donker was maar ek steeds weet jy is hier naby aan my, ek kon jou voel
Ek wens ek kon daardie dae weer hê – die goue dae
Helder van liefde, helder van jou stralende glimlag
My heelal, kosmos, skepping, liefde
Ek mis hoe jy aan my raak, hoe niemand nog ooit het nie
Ek mis alles wat uit liefde gedoen is
Ek mis wie ek was by jou
En wie ons was
Ek mis dit
Ek mis jou

Soos nagbloeiers, blom jy in die donkerte van my hart
Nagtegaal in die donker woud
Besing jy die waansinnige - nagdiens
Terwyl jy sy wang streel, reën dit saggies

En jy kleef vas en hy voel veilig en verlief en omgee en stabiel
My gepatroneer – Pegasus
Ek verlang na jou, my nagbloeier, heelal, kosmos, skepping
My heelal

Ek was nalatig
Nou staan ek hier langs ons praalbed
Die daglig het gekom
Nou staan ek hier, langs my praalbed

04/01/2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar