Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dus weer lente, dit juig.
'n Staande applous vir die Skepper!
die dorre droë aarde bring weer lewe voort.

Stofwolke voer die riel dans uit,
stof het huis en haard binne gedring.
Betoon geen genade vir die arme sinus lyer.

Die wolke het swaar geword.
Die Heer giet saggies genade druppels op die dorre aarde.
So sag,sonder weerligstrale wat speel in die hemelruim en donder wat grom in die buik van die aarde.

Die aarde sluk gulsig en wys dankbaar die skynsel van groen botsels,
so helder en so skoon,
soos dit net eenmaal in 'n jaar kan wees.

Bloeisels so teer en so rein,
so broos en weerloos teen onverwagte koue fronte.
Die lelie bars uit sy knop in 'n kleure spel.

Na die lang trietsige koue winter met baie stofstorms van die lewe,
kom daar lewe en groei, uit pyn en donker
verskyn'n lewens bloeisel.
Mag daar altyd weer lente wees.

'n Staande applous vir die Skepper van die lewens lente.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lente
So is ons dankbaar vir die Skepper se bloudruppelreën om die nuwe seisoen aan te kondig en al die veld is vrolik. Goed gepen.
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


Dis weer lente
Lente is elke keer n nuwe wonderwerk wat voor ons oopvou. Jy het n pragtige woordskildery hier geskets
4 jaar 6 maande 3 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar