Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos somer sneeu en oestyd reën
so kan eer nie by dwaasheid ontleen
soos voëltjies al vliegende verby
so gaan onvanpaste vervloeking jou nie kry

Soos ‘n donkie toom of perde sweep raas
so pas ‘n lat by die bas van die dwaas
soos as ‘n dwase vra ‘n vraag
so moenie jy ‘n antwoord waag

soos om ‘n dwaas met boodskap te stuur
so dit gaan jou te staan kom baie duur
soos ‘n lam mens se bene hang
so moet jy ‘n dwase mens se spreuk ontvang

Soos om ‘n slingervel klip vas te maak
so is mag in ‘n dwaas se smaak
soos ‘n doring in dronkmans hand
so is spreuke in mond van dwaas verpand

Soos ‘n boogskutter wat nie kyk waar hy vuur
so is iemand wat ‘n dwase verbyganger huur
soos ‘n hond wat sy eie braaksel begeerd
so is ‘n dwaas wat weer oor doen verkeerd

Soos iemand wat dink hy weet als helaas
so is daar vir hom min hoop soos vir ‘n dwaas
soos ‘n leeu in die straat of pad
so is ‘n verskoning wat luiaard had

Soos ‘n deur skarnier bly draai
so bly die luiaard op sy bed baai
soos ‘n luiaard hand in skottel sit
so is hy te lui om dit te sit in sy gebit

Soos iemand wat kwaai hond aan ore pak
so is instormende een op ongenooide rusie vlak
soos ‘n mal mens dodelike pyle rondskiet
so is die wat bedrieg en se ek het net spek geskiet

Sonder hout bly vuur nie brand
so sonder kwaadstokery hou rusie sy mond
Soos houtskool benodig vir kole gloeiende
So benodig jy twissiek mens te bemoeiende

Soos geskinder is soos lekker kos
so maklik sluk mense dit mos
soos om swart potskerf te versilwer
so is slegte bedoelings met mooi woorde beduiwer

Soos iemand wat verbloem as hy praat sy haat
so hou hy valsheid binne sonder smaad
soos as hy vriendelik praat moet hom nie glo
so is hy vol bedoel maar onheil wat hy doen sal niemand glo

Soos iemand wat ‘n gat grawe vir ander
so val hy self daarin na onder
soos iemand wat ‘n klip gooi
so sal hy word die prooi

Soos ‘n leuenaar die haat wat hy seermaak
so bewerk ‘n vleier ander se ondergang saak
soos wat Salemo baie slim was
so het ek sy spreuke gebruik as kompas

09/03/2015




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spreuke
Baie dankie dat jy die Spreuke so mooi hier kom vaspen.. laat mens weereens met ander oe daarna kyk en van nuuts af leer
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


spreuke
Dankie vur die deel
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


Dwaas
Ek behandel tans die hele Spreuke vir myself op my eie manier om dit beter te verstaan en Reeds spr. 31 gedoen en nou 26 en net gevoel wil dit met ander deel.




4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud


*
Sjoe. Hmm. Dis 'n mondvol.
Ek tel 'n titseltjie irretasie op.
Moet jou nie so vermoei in ander se kwaad nie. Steur jou nie daaraan nie. Hou jou blind en doof daarvoor. Ek weet dit is nie maklik nie en raad waarby ek ook nie altyd hou nie, maar dit het myself al baie keer ook uit die kwaad gehou.

Jou gedig voel 'n bietjie lank. Dis net my opinie, maar dit voel ek het klaar vergeet van die eerste strofe toe ek die laaste een lees. Ek sal ook nie elke keer met "soos" begin nie. Vir my is dit té eentoning.

MAAR, en dis 'n groot maar; Dit is slegs my opinie.
Hierby wil ek ook net voeg dat jou laaste strofe vir my die beste was.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud



Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar