Weergawe:
Aantal woorde: 81
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 03 Jan 2008
Die pyn, soos bitter asyn,
Die hartseer, kan nie meer keer,
Dit raak ‘n nood, die gevoel van dood,
Wie kan verstaan, of beaam?
Alleen, niemand om op te steun,
‘n moeë gees, met baie vrees,
‘n naarheid, die soeke na die waarheid!
Is dit ‘n uitweg, die tou se gevleg?
Pers,swart en grys, was dit onwys?
Een stel voetspore,die lewe vir my, nie beskore!
Die vlees,wat nie beweeg,die uurglas, nou leeg!
Lees ander gedigte deur Buksie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur stefan s
Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.