Gedigte

Titel: Een teug
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die wintersoggend byt aan my oor
Ek wil opstaan maar voel te goor
Die snotneus
Demp my gees
Ek gee een diep asemteug
Maar die longe bly skurf en amper leeg

Die Gunston praat met my
As ek my longe probeer bevry
Bewerig loop ek na die toilet
En bid dat my prostaat hom nie gaan verset
Om my vinnig te bevry
Voor ek sukkel om raak te vat en koue koors kry

Die storthok is toegewasem
Ek teug na asem
My liggaam begin ontdooi
My lyf raak oraloor rooi
Die koue koors het ook gewyk
Want ek kan nou weer alles behoorlik raak kyk

Die boortjie krap om die nek
As ek ry na daai plek
Een teug en die droeë mynstof in die lug
Laat my keel droog en ek kug
In die stad
Ruik alles soos die hond se gat

In die hyser alleen
Kla my bors steen en been
Een teug in die kantoor
En my kleintongetjie wil ontspoor
Die mengelmoes van kulture
Wil my laat uitklim teen die mure

Een teug in die hoenderkolonel se ry
Laat my besef die lewe het my gery
Dis die nuwe demokrasie
Met reuke tussen ‘n plaasopstal en pie
Ook dat sintuie met tyd
Verslyt

As die Pinotage omrol in die glas
Teug ek aan die verlede wat was
Toe alles nog spontaan gebeur het
En sintuie en organe niks geweet het van verset
Maar vaanaand moet die vlees net wil
Al het die jare ons gekul

Hier waar ek langs jou lê
Wil ek net dit vir jou sê
Ek teug die vars liefdesdade
Van ons wittebroodsdae
Lank gelede in Transkei
Elke druk, soen en vry



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sjoe, 'n mens kan die werklike lewe hier ruik

ek dink jy sal dalk hou van die parallelle ondervindings in my gedig 'middeljarig'
9 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar