Gedigte

Titel: Een Volk!
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons moet lewe en vergewe,
moenie ophou, om daarna te strewe,
dit maak nie saak van die verlede!

Ons moet mekaar verdra,
is dit, so baie gevra?

Kinders kan mekaar aanvaar?
Is dit vir grootmense, ‘n gevaar?

Ons almal het mooi lewens drome,
kan ons niks goeds vir mekaar belowe?

Kom ons bou saam, aan die toekoms,
Vergeet van die waarom’s en hoekom’s!

Ons moet aanvaar, ons is anders,
jy praat van golwe, ek van branders!

Ons is almal verskillende mense,
ons het almal ons eie ideale en wense!

Om te verskil, is dit dan so verkeerd?
Ons is maar net verskillend geleerd!

As jy wil, kan ons mekaar aanvul?
Kom ons vat hande, en word saam stil.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Een volk
Ek stem - ek vat hande saam met jou, Meraai, Boerenooi en almal - Hoe anders gaan ons by 'n mooi land uitkom?
14 jaar 3 weke 5 dae 20 ure oud


Een Volk
Buksie, dit is goed geskryf! Ek beaam alles wat jy hier sê en hoop saam dat dit nog gaan gebeur, dat die verlede begrawe word en ons almal sal handevat en saamwerk aan 'n toekoms van liefde en verdraagsaamheid.
14 jaar 3 weke 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar