Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

jy het belowe:
eendag, as jy groot is, gaan jy met my trou
is ek ewig en altyd vir jou die enigste vrou
lag ek blinkoog in die mou, liefde het ontvou
vir my en jou...eendag, as jy groot is

geluk het gekom
daardie eendag, as ek groot is, het toe geblom
daar was nou drie van ons in een plus een som
jou liefde het my elkedag meer en meer verstom
vreugde is...eendag, as jy groot is

eendag...as jy groot is
amper tuimel ons kasteel, breek die duiwel los
ons liefde het bly staan, al het dit ons gekos
sal jou altyd en ewig liefhê, sê ek met 'n blos
eendag...as ek groot is
bly jy steeds my trots.

2011/09/11 Joan Lotz





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-
oulik!! xxxx liefies
5 jaar 2 maande 4 dae 17 ure oud


Eendag as jy groot is!
Ja, ek kan my vereenselwig.... Party van ons word nooit groot nie! Ander word weer sleg groot!
Mooi geskryf... ek hou van die boodskap!
5 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 10 ure oud


eendag
Ja, ons dink almal maar so...
5 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Eendag!
Ons almal het maar 'n eendag...eendag wil ek weer gesond wees!
xxxxxxxxxxxxxxxxx
5 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


Eendag...as jy groot is....
(Ek wou ok 'eendag as ek groot is' speel... Maar my gespelery het nou dat ek stok-oud geworre het sonner om groot te kom!)

Ek het jou hier nou terdee geniet!!! Baie dankie!

5 jaar 2 maande 4 weke 14 ure oud


Eendag...as jy groot is....
Oulik:-)
5 jaar 2 maande 4 weke 15 ure oud


Eendag...
Soms dink ek dit sou beter wees as ej klein te kon bly.
Mooi geskryf!
5 jaar 2 maande 4 weke 19 ure oud


Kommentaar
Geblomde liefde wat toe na alles nie verlep het nie. Pragtig.

Vonnie
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


EENDAG
En toe het eendag sowaar gekom en beloftes is gestand gedoen al was dit anders as kleintyd se drome. Pragtig1
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Eendag...
Goed geskryf en beskryf
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud


eendag as ek groot is ... gaan dinge anders wees :-)
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Skakerings van Grys

    deur Swartberg

    n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar