Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O armsalige, eensame kind
sprei jou vlerke na die wind
om ewige geluk te vind
liefde aan jou hart te bind

see fluister, wat is die haas
terwyl meeue krasend raas
jy oor die blou waters tuur
besef liefde se sterwensuur

in jou wese alreeds vergaan
op die ashoop van lewe staan
alleen is jou middernaglied
vonkelwyn geen berusting bied!

Joan Lotz



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kind
Al is dit bietjie laat - ek hou baie hiervan. Storie van so baie mense en hul lewens. Goed vasgepen.
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Z
Uitstekend geskryf.
4 jaar 10 maande 4 weke 23 ure oud


Kind
Sjoe man, dis GREAT!
4 jaar 10 maande 4 weke 1 dag oud


eensame kind
welcome terug!! wat n lifelike gedig van n onsekere lewe. ja en so stap ons seker maar elkeen one eie paadjie.
4 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Eensame kind
Pragtig uitgebeeld.
4 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


Eensame Kind

So dra elkeen sy eie kruis op die pad wat hy gaan
4 jaar 11 maande 1 uur oud


eensame kind
pragtige gedig .. propvol seer en niks verstaan
4 jaar 11 maande 2 ure oud


kind
Ja so verloop die lewe, dis wat mens daarvan maak nê? Mooi gepen.
4 jaar 11 maande 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar