Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Winters-wind, Swerwerskind...

hoe lank gaan my hart

nog skouer skuur teen jou grint,

weerbarstig hink-en-pink in ons smart?



Wie is die ware Swerwer -

Jy wat deur skrefies huil,

skarniere pluk en rinkink op die nerwe -

swiep en tussen nokke skuil?



Ek wat roep …

en net my eggo antwoord

met 'n hart'slag wat flikkerend soek?



Kom roer saggies deur my hare,

vee oor gister se spore...

en dans saam deur die blare.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar