Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat `n heerlike, aangename verassing
Toe ek die aanvraag kry vir aanwysing van rigting
Is dit waar? Is jy regtig hier? Kan dit wees?
Wanneer het jy gekom? En sal ek vandag nog saam met jou wees?

O, die opgewondenheid, O, die bewerasie
Malende gedagtes gaan deur my soos sneltrein deur `n stasie
Ek sal hom sien, ek sal hom sien,
Vandag nog sal ek hom sien.

Ek wonder sal hy van my hou? Lyk en reg?
Die verassing skielik en ek onvoorbereid
Voorbereid of nie, besluit ek sal my nie keer
Om hom te sien en saam met hom te verkeer

Is dit die regte afdraai na die plek?
Heer gee `n teken tog
Divine street vang my oog en ek weet
U bestiering Heer is in die weg tog

Bel hom, sms hom, sê hom gou
Ek is in hoofstraat nou
Hy gee antwoord en wys rigting aan
Net soos ek weet hy ken die pad wat ons moet gaan

Vreugde, verbasing, verstom
En ek kan net kyk na hom
Hy lyk so goed, hy lyk so reg
En ek kan sien hy is eerlik en opreg

Dankie Heer vir U bestiering
Wat ons twee by mekaar uitbring



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Roland
Die tweede ontmoeting kom binnekort.Hou aan met die skryf dit is net die waarheid in sy egte vorm.eks bly ek kan jou inspireer om so mooi gedig te skryf.God seen.gbu, Django
13 jaar 11 maande 1 dag 16 ure oud


Kommentaar
Hi. Ek vermoed hierdie gedig volg op "Alleen" wat 'n baie mooi gedig is. Die twee gedigte het my baie diep getref. Alle voorspoed. Groete.
13 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar