Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Velerlei paaie na verskeie bestemmings bereis.....
my voorkoms, die van veteraan, daarvan, die konkrete bewys!
Op roetes deur my meester bepaal....
ek, dienswillige marionet, passiewe deelnemer,
maar tog uiteindelik almal gehaal!

Dog, interafhanklik was ons voortgedryf,
sy fisiologie, my meganika, gesinkroniseer:
ook brandstoftoevoer met vonk, korrek gereguleer......
my werkkrag en stamina, sy bedrewenheid en bestuursvernuf, saam befaam!!
Span gevorm deur vreemdsoortige simbiotiese bestaan!
Moordende opdraendes uitgebeur, ekstaties ons hoogtes bereik, afdraandes se laagtepunte saam betreur...
tot eindelik my meester se vuur geblus,
vir erfgenaam spel ek geringe finansiele plus!!
Hier staan ek nou, die uitspraak nog ongefel ,
en afgewag, half gerestoureer, nog soms betrag,
sou daar vir my 'n genadeplek in die veteraan - motorhemel wees, of sal ek uiteindelik deur korrosie verteer,
tot metaalskroot gereduseer,
die ewige verwerpings-hel vrees?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Eindbestemming
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 4 dae 22 ure oud


EINDBESTEMMING
So loop elke mens sy eie paaitjie na die toekoms verwagtinge wat elk vir homself voorstel na die uitgediende kortstondige lewe.
5 jaar 3 maande 5 dae 20 ure oud


motorhemel
het hierdie een nogal geniet Palet
5 jaar 3 maande 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar