Gedigte

Titel: Eisteddfod
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met bonsende harte het D-Dag genader
al die nodige admin werk reeds vergader
'n eerste vir ons almal by die maatskappy
en ons wil die hoogste suksesgolwe ry

oor die sewehonderd inskrywings ontvang
van Gr 0-7 gaan elk 'n sertifikaat ontvang
goud is goed, diploma altyd die beste
kom familie almal saam uit elke geweste

verse en gedigte word deur almal geniet
mimiek, monoloë en dialoë ook aangebied
in kostuums wat by elke kategorie pas
het die jong klomp elke ouer kon vergas

beoordelaars was redelik streng en kwaai
maar deelnemers het met vertroue laat waai
trane het gevloei, teleurstelling groot
almal wou diplomas wen, die hoogste loot

kuns en drama is wakker en aan die gang
genoeg talent vir toekoms in volle swang
potensiaal nie 'n probleem, hul het dit
kan advertensie met tema gou aanmekaar sit

by die ingangsportaal het ek elkeen gegroet
soms senuagtige gesiggies gevul met moed
spesiale mensies, sal jul glimlaggies onthou
mag jul talent groei en nimmer ooit verflou

wat 'n ondervinding, wat 'n reuse sukses
van groot na klein, gee hul alles...hul bes
nog een dag, groet ons net tot volgende jaar
vir nog 'n Eisteddfod, sien ons jul weer daar.
30/07/2011Joan Lotz



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Eisteddfod
Dankie dat lesers kon deel in die ervaring!
3 jaar 2 maande 6 dae oud


=0
my dogter neem altyd deel aan die eisteddfod en kry nogal altyd dubbel of trippel goud...sy skryf self gedigte diep goed wat sy die laaste keer voorgelees het. sjoe. ja dis nou juis weer eisteddfod tyd. sterkte aan al die deelnemers. baie goeie werk ... dit beslis 'n trippel goud werd!
3 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Eisteddfod
Sjoe ja dit was 'n baie harde opwindende tydperk wat beide Jeanette en vir jou getap het. Julle was uitstekend en bly die eisteddfod was 'n reuse sukses. Nou vir die grote!
xxxxxxxxxxxxxx
3 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


die weervoorspelling
klink of dit n fees was....
3 jaar 2 maande 3 weke 18 ure oud


-
oulik mamma :-)
3 jaar 2 maande 3 weke 1 dag oud


Eisteddfod
Pragtig uiteengesit. Kinders kan mens nogal verbaas met wat hulle onder druk kan vermag.
3 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


Eistedfod
Ek kon voel hoe die opwinding opbou. My eie kleinkind het puik gepresteer daar. Dankie Ma vir mensies soos julle wat die jong volk aan die gang en op hul tone hou om hulle beste te lewer.
3 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud


Eisteddfod
Hierie was amper soos verhaal lees. Lekker!
3 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Do.
Baie groot liefdes, motiverings taak. Sal ook nie deur die leerders vergeet word nie.!
Mooi uitgebeeld Ma!
3 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout (Anetjies)

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar