Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis Jy…
…wat my
Hart toktokkie-wild laat klop

Dis Jy…
…wat my
Rooiwarm duinsand laat opskop

Dis Jy…
…wat my
Woestynland traanbuie laat val

Dis Jy…
…wat my
Gompou-lekker laat skater-skal

Dis Jy…
…wat my
Meerkat-gou laat skuiling soek

Dis Jy…
…wat my
Vir die Liefde, Lewe laat inboek!


**************************************************************

Die boodskap teen hierie paal; vind IEMAND, IETS wat jou laat glo in die Liefde, die Lewe!!!

En as mense jou teleurstel...daar is Vader!!!

(Dankie HG ! Jy’s Getrou !)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek Boek In
Het dit nou geniet
7 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud


-
Veelseggend, kort en kragtig. Puik titel!
7 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


Ek Boek In!
Word ek sommer buite my om aangeroer na hierdie gediggie van jou en ek lees "Dankie Here God" en weer 'n keer "God", want God is Liefde soos jy self "Liefde" met 'n hoofletter skryf...
Dankie vir die deel!
7 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Ek hoor...
jou hart se taal! Die kalahari het jou woorde reg leer slyp.
8 jaar 1 dag 4 ure oud


Ek boek in
Ja, ek kan sommer dadelik aanvoeling kry... Jy kom soos 'n kind van die sand, van die veld. Die natuur is in jou bloed....
8 jaar 2 weke 2 dae 9 ure oud


Daar boek ek ook in
Pragtig
Nuut
en
inspireerend!
Mooi!
8 jaar 2 weke 4 dae 11 ure oud


lewensles

. . . . in en uit die natuur,
onbespreekte dierplesierkultuur,
in ons lewens inge-ets,
nooit word ooit geswets,
net strome van liefde,
meneer toktokkie en mevrou,
adres in woestynsand ingegrou,
juffer gompou en haar ou,
elke meerkat krap sy eie gat,
as die merkat sy gat krap,
kom daar sand uit.
8 jaar 3 weke 2 dae 16 ure oud


Pragbeelde uittie heimat
Mens wonder by die intensiteit van hierdie vers oor die presiese vorm van die skryfster se Godsbeeld - fassinerend !
8 jaar 3 weke 4 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar