Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Jesus ek kom met my beker
om by U fontein water te skep
want my dors na U is baie groot
ek bring my bordjie vir ‘n broodjie
net U kan my versadig maak.

Ek bring salf dat U my wonde smeer
by U alleen vind genesing plaas
U is die verband wat alle seer verbind
U is my enigste Geneesheer.

So kom staan ek stil voor U
blymoedig, eerbiedig en tevrede
U het my weer gevoed
my weer gesond gemaak
en my toegevou in U liefde
terwyl U elke dag oor my waak.

November 2010



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Broodjie
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


gebed
Laat my dink aan die lied genade onbeskryflik groot
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


(herplasing)
Daar is net een Geneesheer, dit is ons hemelse Vader.
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae oud


Gebed
Ons moet mos soos die kinderjies word . . .
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae oud


***
Mooi gebed. Ek sien dit was darem al in 2010, nè?
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Bordjie ...
Kosbaar mooi Bets
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


gebed
So bemoedigend. So waar. Sterkte!
4 jaar 9 maande 1 week 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar