Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag bring ek rose vir mamma
‘n mooi sneeuwit roos
vir al die liefde
elke dag gegee met sorg

‘n mooi geel roos
vir die laataande langs my siekbed
elke druppel koorsstroop
kon nie mamma se liefde blus

‘n mooi pink roos
vir daardie luilekker saamwees dae
van boeklees drome droom
lang ente se stap langs die rivier

‘n mooi swart roos
wat mamma se kalmte uitstraal
waarmee mamma my grootgemaak
my teruggeneem het as ek geval
seergekry en nie kon opstaan

‘n mooi rooi roos
om vir mamma te sê
ek sal altyd lief wees vir mamma
al is mamma nie meer hier
dankie mamma omdat mamma
maar net altyd mamma was



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Net sommer soos dit is gese, sonder pretensie. Mooi, Ans!
6 jaar 10 maande 4 weke 10 ure oud


...
Roos-pragtig!
6 jaar 10 maande 4 weke 14 ure oud


Rose
Ek kan die warmte, waardering en liefde voel uitstraal uit hierdie gedig, wat n wonderlike getuigskrik aan 'n besonderse Moeder
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag oud


Ek bring rose
Vir 'n pragtige skrywer soos jy gee ek ook 'n bossie rose.
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


rose
Uit die boonste rakke Ans.
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Botes Stamregister en Kwartierstaat

    deur Willie Botes

    Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar