Weergawe:
Aantal woorde: 178
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 16 Jul 2006
Bonatuurlik is jou waarde .
Dit kom nie in die bestandeel
Maar aan die gees van die blaar.
Jy skink hom as jy dors het –
En laaf jou moee lyf.
Jy skink as jy neerslagtig is
En hy gee jou krag en hy troos.
Jy skink hom in dae van smart
En hy is jou vertroueling, kameraad.
Jy skink hom met vriende se saam verkeer
En hy smee vriendskap bande hegter.
Jy skink hom as jy sake beklink
En daar verloop dinge vlot en flink.
Jy skink as jy spesiale tyd saam deel.
En hy is glad nie soos ‘n 3de wiel.
Jy skink hom as jy sake besleg
En sy troos maak dinge, minder erg.
Hy val in die smaak van mense en konings
Het ’n plek by geleenheid, tog in elke woning.
Kerkbasaar, pret, en jolyt
by die werk saam met brood en konfyt
Tee ou vriend van waar jou bonatuurlike mag?
Vir jou het ek aangeneem
Jy is deel van my bestaan -
Uit jou kom my daagliks krag.
LL
Lees ander gedigte deur Lana Lowe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'
HAAAIII! Ek wil ook saam gaan teedrink, BV. Jy's nogal reg, is soos medisyne. My ketel fluit ...
Carol